Die jong vrou is verlede week dood in haar huis in die noorde van Pretoria aangetref.
Natasja Nel (27) se lyk is dae na haar dood gevind in die huis waar sy alleen saam met haar driejarige dogtertjie gewoon het.
Haar kind is ongedeerd binne die huis deur ’n familielid gevind.
’n Ingeligte het aan Rekord gesê dat Nel se lyk reeds begin ontbind het.
“’n Familielid het onraad vermoed toe sy niks van Natasja hoor nie en is na haar huis toe, waar sy die lyk in ’n kamer gekry het,” vertel die bron.
“Haar vel het glo al swart verkleur, ’n teken dat die lyk reeds begin ontbind het.”
Nel se dogtertjie was duidelik dae na haar dood alleen in die huis.