Uniondale gaan komende naweek 'n miernes van bedrywigheid wees. Vrydag laatmiddag kan skougangers deelneem aan 'n voetpad-pretdraf/stap oor 5 km of 10 km, en die aand om 19:00 word heerlike skoudans gehou. Kaartjies vir die skoudans is beskikbaar by Marlene by 072 372 9768. Toegangsgelde is R30 vir volwassenes, R10 vir kinders en R10 vir pensioenarisse. Lees meer by die skakel.