KRIEKET NUUS - Die gewildheid van vlakkiekrieket is Sondag 26 Februarie weer bewys. 'n Groot skare het gekyk toe twee spanne van Oudtshoorn en twee spanne van George in twee vriendskaplike wedstryde by Delvillepark meegeding het.
In die eerste wedstryd om 11:00, het 'n Convent 11-tal van George teen 'n Titans 11-tal van Oudtshoorn gespeel en om 14:00 'n GRSD 11-tal van George teen nog 'n Titans 11-tal van Oudtshoorn.
In beide gevalle het die spanne van Oudtshoorn as die oorwinnaars uit die stryd getree.
Sammy Vorster, voorsitter van die GRSD, (George Rural Sports Develop-ment), het Dinsdag gesê die geleentheid was 'n groot sukses. "Vlakkiekrieket se gewildheid neem toe. Die sport groei."
Die plan is dat George se spanne later vanjaar weer in Oudtshoorn gaan speel.
Vorster het gemeenskappe gevra om betrokke te raak by die sport. Vlakkiekrieketwedstryde word op dieselfde formaat as T20-wedstryde beslis met goeie kwaliteit tennisballe.
Ouderdomme van spelers wissel tussen 15 en 50 jaar. Vanjaar is ook met 'n juniorliga begin. Enige spanne wat wil deelneem word genooi om in te skryf. Die formele liga is reeds aan die gang en word die komende naweek voortgesit.
Volgens hom sal sulke geleenthede nie moontlik wees sonder borge nie.
Tydens Sondag se geleentheid was die Garden Route Chinese Community Safety Policing Centre 'n borg.
Hulle het die etes vir die spelers geskenk.
Baie dankie. Sammy Vorster (vierde van links) bedank Ricky Lin (rooi hemp) vir die borgskap.
Baie dankie. Sammy Vorster (vierde van links) bedank Ricky Lin (rooi hemp) vir die borgskap.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'