TUINROETE NUUS - 'n Groep entoesiastiese stappers van Hoërskool Punt het die naweek van 25 Januarie na Knysna gereis om nog ‘n naweek in die skone natuur te spandeer.
Die trotse groep Visse het die Rondebossie-Diepwalle-roete gestap en elke oomblik daarvan geniet.
Deur bloedsweet het hulle Jonkersberg, enige tiener se grootste vyand, oorwin en weer eens bewys dat jy enige iets kan doen wanneer jy jou hart daarop sit.
Die stappers is dankbaar vir 'n ongelooflike mooi en lekker naweek in die Knysnabos en wil spesiaal vir Sanparke bedank vir die geleentheid om die natuur te kon geniet en ongelooflike herinneringe te maak.
'n Groot dankie ook aan me Nel en Hoërskool Punt vir die geleentheid om deel van die natuurlewestapklub te wees en vir die pragtige herinneringe.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'