Update
KNYSNA NUUS - Die negejarige moordsaak van Knysna-inwoner Shantel Zeelie het uiteindelik vandag (Donderdag 29 Maart) tot ’n einde gekom in die rondgaande Wes-Kaapse Hooggeregshof in Knysna vandag.
Karatara-inwoner Eugene Stander (33) is 25 jaar tronkstraf opgelê vir die geweldadige wyse waarop hy Zeelie – sy voormalige meisie op daardie stadium – op 5 Januarie 2009 naby ’n uitkykpunt op die Heads in Knysna vermoor het.
Zeelie is volgens getuienis verwurg van agter met ’n onbepaalde voorwerp. Haar versteekte liggaam, tesame met haar motor, is die volgende dag naby die uitkykpunt gevind.
Volgens regter Nathan Erasmus het Stander geen berou of emosie getoon tydens die saak nie, en het Erasmus dié gebrek aan berou tesame met die manier waarop die moord gepleeg is in ag geneem met sy uitspraak.
Stander is onder meer vir moord met direkte opset skuldig bevind. Hy het tot op die laaste oomblik van die hofsaak volgehou dat hy onskuldig is.
Lees die volledige storie in volgende week se Knysna-Plett Herald, asook aanlyn.
Lees vorige artikels:
- Zeelie murder trial postponed
- Zeelie murder trial resumes after lawyer's illness
- Turns and twists in Zeelie murder trial
- Zeelie murder case continues
- Zeelie murder case back in court
'Ons bring jou die nuutste Knysna, Tuinroete nuus'