Die kompetisie is in die Wilderness en Swartvlei gehou.
Die weer was beter as die vorige kompetisie en heelwat meer vis is gevang. 'n Totaal van 97 visse is geland met 'n gesamentlike gewig van 553 kg. Hiervan is slegs een vis teruggehou en die res lewendig teruggesit.
Uitslae:
A-liga: 1 Stilbaai 103.26; 2 Triton 86.96; 3 Outeniqua 64.65; 4 George 57.24; 5 Knysna 54.66; 6 Atlantic 42.58; 7 Mosselbaai 24.40.
B-liga: 1 Weermag 70.11; 2 Atlantic 29.96; 3 Outeniqua 27.34; 4 Knysna 4.18; 5 George 2.18; 6 Triton 1.06.
Die volgende kompetisie vind op 8 November plaas.
Suid-Kaap Kushengel is gretig om, as deel van sy ontwikkelingsprogram, jonger hengelaars na die sport te lok. Jong hengelaars van 16 jaar en jonger word genooi om Johan Strauss (president) by 082 571 3107 of André Nel (sekretaris) by 082 805 2134 te skakel. Geen ledegeld sal vir die eerste jaar van die nuwelinge gehef word nie. Ander hengelaars is ook welkom om die sportsoort te betree.

Mathew Sumner hurk by sy lywige "duckbill" van 48kg.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein-Karoo nuus'