PLETTENBERGBAAI HENGELNUUS - Op 25 Januarie het Eden Hengelassosiasie se vyfde hengelkompetisie te Plettenbergbaai plaasgevind. Die toestande was baie gunstig vir hengel en Outeniqua Hengelklub van George het weereens daarin geslaag om die beste op die betrokke dag te vaar.
Die hengelaars het gehengel van 07:00 tot 15:00. Die grootste oneetbare vis is deur Eardley Jee van Plett Hengelklub ingeweeg en was n skeurtandhaai van 220.53kg. Die grootste eetbare vis is deur Danie Lodewyk van Triton klub in Mosselbaai geland en was n steenbras van 13.45kg.
Die top hengelaar van die dag was Hendrico Lesch van Outeniqua Hengelklub met 372.32 punte. Eardley Jee van Plett klub was die top meester en grootmeester van die dag met 221.59 punte.
Die top dame van die dag was Elzaan Cronje van Stilbaai Hengelklub met 27.69 punte.
Die top onder 21 was Luan Els van Triton hengelklub met 335.36 punte en die top onder 16 was Christiaan Bachle van Plettenbergbaai met 338.48 punte.
In Eden Hengel se A-liga staan Outeniqua bo met 1441.39 punte, Plett tweede met 1244.18 punte, en Stilbaai derde met 1194.75 punte.
In die B-liga lê George bo met 823.70 punte, Triton tweede met 806.06 punte, en Outeniqua derde met 475.87 punte. In die C-liga lê Plett bo met 570.19 punte, Outeniqua tweede met 237.59 punte, en Triton derde met 143.57 punte.
Christiaan Bachle van Plett met 'n koperhaai van 183kg.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'