TUINROETE NUUS - Die Eden-hengelvereniging se tweede klubkompetisie verlede Saterdag by Klein-Brak het in gunstige weer plaasgevind.
Die Outeniqua-klub van George het weer eens daarin geslaag om die beste te vaar.
Die hengelaars het van 07:00 tot 15:00 gehengel.
Die grootste oneetbare vis - 'n bulrogpylstert van 39.95 kg - is deur André Burger van Outeniqua ingeweeg terwyl Raldo Potgieter van Plettenbergbaai die grootste eetbare vis - 'n kolstert van 1.19 kg - geland het.
Die tophengelaar van die dag was Willie Welman (Plettenberg) met 57.34 punte. Hy was ook die topmeester van die dag.
Elzaan Cronje van Stilbaai-klub met 8.93 punte was die beste vrouehengelaar met Michael Bachle van Plet-hengelklub (36.14 punte) die beste o.21-hengelaar was.
Sam Muller van George (12.57 punte) was die beste grootmeester.
Die puntestand van die klubs ná die tweede ligakompetisie is as volg:
A-liga
1. Outeniqua (336.52)
2. Stilbaai (221.73 )
3. Plett (167.33)
4. George (162.84)
5. Atlantic (159.40)
6. Triton (126.49)
7. Mosselbaai (33.61)
B- liga
1. Outeniqua (194.81)
2. Plett (71.34)
3. Triton (63.46)
4. Stilbaai (50.22)
5. Atlantic (47.28)
6. George (45.86)
7. Mosselbaai (36.25)
C-liga
1. Outeniqua (20.27)
2. Triton (15.04)
3. Plett (5.01)
4. George (4.93)
Die volgende kompetisie vind op 16 November plaas.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'