TUINROETE NUUS - Die vierde somerliga vir Eden-kushengel het op 27 November plaasgevind met 'n sterk westewind en storm-agtige seekondisies wat hengelaars van Gouritsmond tot by Vleesbaai moes trotseer.
Die 134 hengelaars wat deelgeneem het, het gesamentlik 1 075,98 kg vis vir die dag gevang.
Die grootste eetbare vis, 'n mosselkraker van 4,44 kg, is deur Thys Bester gevang en die grootste nie-eetbare vis deur Eardley Jee met 'n Spotted Gulley (Spottie) van 31,92 kg.
- Die tophengelaar vir die dag was Andrew Wood met 66.88 punte.
- Topvrou vir die dag was Marina Fuchs met 19.48 punte.
- Topmeester vir die dag was Eardley Jee met 36.57 punte.
- Top-grootmeester vir die dag was Eardley Jee met 36.57 punte.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'