KNYSNA NUUS - Vir Eden-hengelassosiasie se vyfde somerligakompetisie op 19 January, het 155 hengelaars almal al vroegoggend by Kleinkrans saamgetrek en is daar met die vissse geworstel tot 15:00 die middag.
Knysna-hengelklub het koning gekraai met hulle 37.01 punte. Die top hengelaar was Ruaan Westraad van Stilbaai-hengelklub met 23.98 punte en top junior was Juanco Bosshoff (O16) van Triton-hengelklub in Mosselbaai met 6.24 punte.
Top meester was Bryan Rapson van Knysna met 11.69 punte en top grootmeester was Nico Lesch van Outeniqua-hengelklub in George met 2.15 punte.
Die grootste eetbare vis, gevang deur Juanco, was 'n kabeljou van 3.12kg en die swaarste oneetbare vis was 'n diamantrog van 20.97kg, ingeweeg deur Westraadt.
Die totale massa vis gevang was 146.10kg – 49 oneetbare en 18 eetbare vis. Al die vis is lewendig teruggeplaas om bewaring te bevorder.
Die volgende kompetisie vind op 2 Februarie plaas.
Knysna se eie Enrico Roberts met 'n blou pylstert van 68cm wat hy tydens 'n vorige byeenkoms gevang het. Foto: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Knysna, Tuinroete nuus'