TUINROETE NUUS - Na die Eden-hengelassosiasie se derde somerliga kompetisie op 4 November is Knysna-inwoner Renier Nortje steeds die bobaas hengelaar in die distrik.
Nortje beklee steeds die topposisie nadat hy die swaarste oneetbare vis, ‘n bulrog van 83.26kg, tydens die vorige kompetisie gevang het.
Die derde somerliga het te Stilbaai afgespeel met hengelaars van Stilbaai, George, Knysna en Mosselbaai wat deelgeneem het. Hengelaars het vol opwinding en geesdrif reeds 06:00 bymekaar gekom by die Stilbaai hengelklub se klubhuis vir die kompetisie wat om 07:00 begin het.
Teen 16:00 was al die vislyne reeds uit die water.
Stilbaai-hengelklub het daarin geslaag om die beste te vaar op die betrokke dag met 155.49 punte, teenoor George-hengelklub se 112 punte tydens die vorige kompetisie op 21 Oktober te Kleinbrakmond, wat hulle as wenner van die tweede somerliga kompetisie laat seëvier het.
Die tophengelaar tydens die derde kompetisie was AJ de Beer van Stilbaai-hengelklub met 54.71 punte, terwyl die topjunior van die dag, Marius Baard (O21) van George-hengelklub, die kompetisie met 20.64 punte afgesluit het.
Die topmeester vir die dag was Deon Naude van Triton-hengelklub met 40.68 punte. Die topvrou van die dag, Marizelle Esterhuizen met 14.62 punte, was ook die beste O16-hengelaar.
Die grootste eetbare vis is deur Attie Barnardo van Outeniqau-hengelklub gevang – ’n baardman van 6.15kg, terwyl Paul Kruger van Triton-hengelklub die swaarste oneetbare vis – ’n bulrog van 43.90kg – ingeweeg het.
Die totale massa vis wat gevang is gedurende die kompetisie was 596.58kg en daar het 143 hengelaars aan die liga deelgeneem. Daar is 68 oneetbare en 40 eetbare visse gevang.
Tydens die vorige kompetisie te Kleinbrakmond was die topjunior van die dag Marius Baard (O21) van George-hengelklub met 48.09 punte, en topmeester was Jakobus de Jager van Atlantic-hengelklub met 35.81 punte.
Die topvrou was Nicole Crause met 3.18 punte.
Die grootste eetbare vis, 'n mosselkraker, is gevang deur Jacques Snyman van Triton hengelklub en het 3.99kg geweeg. Die totale massa vis wat gevang is gedurende dié kompetisie was 555.67kg en daar het 150 hengelaars aan die liga deelgeneem. Daar is 47 oneetbare en 28 eetbare visse gevang.
Die posisies van die klubs na afloop van die derde kompetisie te Stilbaai was as volg:
A-liga
Stilbaai 245.35; George 183.79; Knysna 157.95; Triton 129.03; Atlantic 116.94; Mosselbaai 79.79; Outeniqua 68.63
B liga
Triton 144.83; George 80.30; Stilbaai 54.48; Knysna 48.35; Atlantic 42.42; Outeniqua 6.18
C-liga
Atlantic A 52.88; George A 39.82; Stilbaai C 22.72; Atlantic B 11.92; George B 1.12; Outeniqua 0.38
Top-5 hengelaars na die derde liga
Renier Nortje (Knysna) 83.26; Maruis Baard (George) 68.73; AJ de Beer (Stilbaai) 54.71; Henry Botha (Atlantic) 49.76; Stefan van Huyssteen (Stilbaai) 44.76
* Die volgende kompetisie vind plaas op 25 November in die Mosselbaai-omgewing.
ARTIKEL: STEFAN GOOSEN, KNYSNA-PLETT HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Knysna, Tuinroete nuus'