TUINROETE NUUS - Hengelaars uit die Tuinroete het die afgelope week goed gevaar by die SA Rots- en Strand-ontwikkelingshengeltoernooi, en die Eden-distrik se naam hoog gehou.
Die Eden-ontwikkelingspan het vanaf 12 to 16 Februarie in Oos-London gekompeteer, met verskeie provinsies wat deelgeneem het.
Die span is saamgestel uit hengelaars van Stilbaai, Mosselbaai, George en Knysna.
Die toernooi word gehou om opkomende hengelaars te werf en sodoende ondervinding te laat opdoen met die oog om hulle voor te berei vir die sport.
Tydens die toernooi het André Els van Mosselbaai daarin geslaag om sesde algeheel te eindig en is gekies om deel te neem aan die Gus Kolner-ontwikkelingstoernooi wat in Oktober vanjaar in Namibië plaasvind.
Robbie Dampier van George het die grootste eetbare vis gevang – 'n kabeljou van 9.93kg.
Alle vis wat gevang is, is lewendig teruggeplaas om bewaring te bevorder.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'