TUINROETE HENGEL-NUUS - Die George-hengelklub het verlede Saterdag die Eden-hengelvereniging se sewende ligakompetisie by Wilderness gewen.
Die tophengelaar van die dag was Kyle Small van Knysna met 90.30 punte en die topvrou was Elzaan Cronjé van Stilbaai met 24.59 punte.
Jayden Koopman van Atlantic-hengelklub in George (29.84 punte) het die beste gevaar vir hengelaars onder 16 jaar en Kyle Small van Knysna (90.30 punte) vir hengelaars onder 21. Die topmeester was Deon Naude van Triton-klub met 34.80 punte en die grootmeester was André Grundling van George met 32.78 punte.
Die grootste oneetbare vis - 'n bulrogpylstert van 37,96 kg - is deur Bernard van Wyk van George ingeweeg en die grootste eetbare vis is deur Kyle Small ingeweeg en was 'n kabeljou van 39,18 kg.
Die pryse vir die gelukstrekkings is deur Triton-hengelklub van Mosselbaai geskenk.
Die punte van die klubs na die sewende ligabyeenkoms is as volg:
A-liga
1. Stilbaai (872.66) 2. Knysna (791.26) 3. George (743.86) 4. Outeniqua (713.37) 5. Triton (687.57) 6. Atlantic (627.88) 7. Mosselbaai (225.85).
B-liga
1. Stilbaai (531.05) 2. Knysna (482.24) 3. Triton (437.90) 4. George (372.17) 5. Outeniqua (363.04) 6. Atlantic (307.04) 7. Mosselbaai (124.42).
C-liga
1. George (213.57) 2. Knysna (91.16) 3. Outeniqua (90.66) 4. Atlantic (64.17) 5. Triton (61.68) 6. Stilbaai (60.55).
Die volgende kompetisie is op 30 Maart op Stilbaai.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'