KNYSNA NUUS - Op Saterdag 29 September het die eerste somerliga van die Eden-hengelassosiasie vir 2018/2019 plaasgevind op Buffelsbaai, vanaf 07:00 tot 15:00, toe Knysna-hengelaar Lynton Wood as top meester geseëvier het met 7.44 punte.
Van die klubs het George die beste gevaar met 76.18 punte. Die top hengelaar was Cornel Grundling van George met 32.30 punte. Die top junior was Jonathan Wiehahn (O16) van Outeniqua-hengelklub met 4.59 punte.
Top grootmeester was Hendrik Klein van Atlantic-hengelklub in George met 3.62 punte.
Die grootste eetbare vis is gevang deur Wood, 'n kabeljou van 3.72 kg, en die swaarste oneetbare vis was n sloephaai van 23.64kg wat ingeweeg was deur Andre Coetzee van Stilbaai-hengelklub.
Die totale massa vis gevang was 305.75kg, deur 123 hengelaars – 56 oneetbare en 26 eetbare vis. Al die vis is lewendig teruggeplaas om bewaring te bevorder.
Die volgende kompetisie vind plaas op 27 Oktober.
'Ons bring jou die nuutste Knysna, Tuinroete nuus'