KNYSNA NUUS - Op 30 September het 140 hengelaars saamgekom op Kanon vir die die eerste somerliga van die Eden-hengelassosiasie.
Die area vanaf Gouritzmond tot by Vegkop is gevis.
Die hengelaars het 06:00 bymekaar gekom by Stoepsit, die kompetisie het 07:00 begin en almal het 15:00 opgehou hengel.
Die top hengelaar en top vrou van die dag was Antoi Forbes van Knysna-hengelklub met 16.24 punte. Die top junior van die dag was Marius Baard (O21) van George-hengelklub met 1.57 punte.
Top meester was Lester Botha van Knysna-hengelklub met 2.73 punte.
Die top O16 hengelaar was Dehan Raal met 6.22 punte.
Die grootste eetbare vis is gevang deur Forbes – 'n kabeljou van 5.77kg, en die swaarste oneetbare vis was n hondhaai van 15.63kg wat ingeweeg is deur Stefan van Huyssteen van Stilbaai-hengelklub.
Die totale massa vis wat gevang is gedurende die kompitisie was 183.05 kg.
Daar is 43 oneetbare en 60 eetbare visse gevang.
Die posisies van die klubs na afloop van die sesde kompetisie was as volg:
A-liga klubpunte: Stilbaai 39.92; Outeniqua 23.05; George 20.71; Mosselbaai 19.20; Atlantic 18.79; Triton 17.24; Knysna 10.91
B-liga: Knysna 20.67; Triton 11.58; George 5.47; Stilbaai 5.13; Atlantic 3.28; Outeniqua 2.68
C-liga: George 23.16; Atlantic a 11.92; Atlantic b 3.65.
Top 3 hengelaars: Antoi Forbes 16.24; Stefan van Huyssteen 15.63; Hein Gossmann 15.27
Die volgende kompitisie vind plaas op Saterdag 21 Oktober. – Banie Vermeulen
'Ons bring jou die nuutste Knysna, Tuinroete nuus'