TUINROETE SPORTNUUS - Volgens die jongste regulasies wat die nasionale Covid-19-bevelsraad vir vlak 3 uitgereik het, mag beroepsatlete weer begin oefen, maar dit laat beroepsbranderplankryers hoog en droog terwyl strande steeds toe is.
Dr. Nkosana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het pertinent gesê strande bly toe vir ontspanningsdoeleindes.
Branderplankryers in die Suid-Kaap, wat diê sport vir ontspanning beofen, is net so in die wat oor wat hulle te doen staan.
Intussen het 'n handvol van hulle die branders by Vicbaai gaan toets terwyl die onsekerheid nog hoogswanger in die lug hang.
Foto's: Hugo Redelinghuys
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'