SWD het in die A-afdeling meegeding met Grens, OP asook WP. Daardie laaste verto-ning, vertel afrigter Mervyn Draai, het die span baie selfvertroue gegee vir die komende interprovinsiale sewestoernooi wat op 2 en 3 November in Pretoria gespeel word.
Ter voorbereiding het die span reeds op 20 Oktober `n sewestoernooi gewen toe hulle teen die Boland en WP te staan gekom het.
"Daar is `n goeie gees in die span en die meisies werk hard in die oefeninge. Ons verwag goeie uitslae," vertel Draai.

Daar word saans hard gewerk aan fiksheid, dissipline en vaardighede.
ARTIKEL EN FOTO'S: JACQUES SWART, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS