Afrigter Johann Lerm glo dat die nuwelinge genoeg talent en skietgoed het om die Arende tot die volgende vlak te help neem. "Ons is opgewonde oor die aanwinste en glo dat hulle ‘n groot impak op ons groep sal hê. Nou, met die hele groep uitgesorteer lê daar net klipharde werk voor om die span tot ‘n eenheid saam te bind voordat die eerste wedstryd aanbreek.
Die bestuurspan is veral opgewonde om die skakel Jaco Colyn weer in George terug te hê. Colyn is ‘n oud-Kwagga wat ook die SWD-Cravenweekspan aangevoer het.
Hy het vir die Shimlas en Cheetahs diens gedoen voordat hy weer terug op eie bodem is.
Ander aanwinste is die veelsydige agterspeler Elic van Vuuren (OP en Hamiltons), die senter en vleuel Kempies Rautenbach (Luiperds), losskakel Cecil Dumond (Luiperds), die stutte Buhle Mxunyelwa (WP en Maties) en Eriv Coetzee (Luiperds) en die haker Martin Ferreira (Cheetahs en NMMU).
"Ons het ‘n goeie mengsel van ervaring en jeug en gaan ook gereeld klubspelers nader roep om saam met die span te oefen. So verseker ons dan dat ons broodnodige diepte skep om die groep in tye van bese-rings by te staan," het hy gesê.
Quiton Petzer, van George, en Winton Seconds, van Barba-rians, oefen tans saam met die groep en is vasberade om ten volle van hierdie geleentheid gebruik te maak.
Ná ‘n kort blaaskansie konsentreer die groep tans op fiks-heid en kondisionering om gereed te wees wanneer die spanoefeninge aanbreek.
Kontrakgroep
Agterspelers:
Elric van Vuuren, Howard Noble, Clint Wagman, Raynor Bekker, Baldwin McBean, Wenstley Scott, Jeff Taljaard, Kempies Rautenbach, Cecil Dumond, Antonie Bestwick, Deroy Rhoode en Jaco Colyn.
Voorspelers:
Buron Parks, Braam Immelman, Lyndon Hartnich, Frederick Eksteen, Wilhelm Koch (k), Hein Potgieter, Lubabalo Ntyanda, Henk Eksteen, Buhle Mxunyelwa, Eric Coetzee, Dean Hopp, Martin Ferreira, Lyle Delo en Anton van der Westhuizen.
_jpg (Small)(1).jpg)
Die nuwe aanwinste van die SWD Arende saam met hoofafrigter Johann Lerm (links) en Johan Prinsloo HUB van SWD Rugby). Die spelers is van links (staande) Cecil Dumond, Elric van Vuuren, Lyle Delo, Hein Potgieter, Buron Parks, Frederick Eksteen, Jef Taljaard en Martin Ferreira. Sittende: Clint Wagman, Raynor Becker, Antonie Bestwick, Jaco Colyn, Eric Coetzee.
ARTIKEL: JANNIE MEYER