KNYSNA NUUS - Crossroads-sokkerklub het onlangs ’n welkome borgskap van Knysna Motor Strippers (KMS) ontvang in die vorm van T-hemde wat die onderneming aan die klub se spelers oorhandig het.
Volgens die klub beteken die gebaar baie vir ’n gemeenskapsgebaseerde sportorganisasie wat, soos talle ander plaaslike klubs, voortdurend uitdagings ervaar om die nodige finansiële ondersteuning en borgskappe te bekom.
“Die T-hemde gee nie net die spelers ’n netjiese en eenvormige voorkoms nie, maar dra ook by tot ’n gevoel van trots en spangees,” het die klub gesê.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’