RUGBY NUUS - Hoërskool George het Saterdag 12 Augustus ’n soete oorwinning oor Hoërskool Pacaltsdorp in die FNB Classic Clashes in ‘n verskeidenheid sportsoorte behaal.
In die hoofwedstryd waar die seuns o.19 A-rugbyspanne mekaar gepak het, het die spanne van George en Pacaltsdorp mekaar die stryd aangesê. Dit was voor 'n volgepakte pawiljoen.
Albei spanne het die skare waarde vir hul geld te gee, met aanskoulike rugby uit die boonste rakke. George tree uiteindelik uit die stryd met ‘n skitterende oorwinning oor Pacaltsdorp.
Hoërskool George het van die begin af getoon dat hulle met rotsvaste verdediging, vir Pacaltsdorp met die kous oor die kop van die veld gaan stuur.
Duikslae van veral Elmozane Robertson, kaptein van die span, Leroy Fourie en Ayden Rondganger om net ‘n paar te noem, het verhoed dat Pacaltsdorp enige punte kon aanteken. Leroy Fourie word ook as speler van die wedstryd aangewys.
Die puntemakers van George was:
Brent Lourens (2 drieë), Elmozane Robertson(2 drieë), Courtwon Muller (1 drie), Dominic Arendse (1 drie) , Zinzan Barlow (1 drie) terwyl Nathan Elbrecht (4 drieë) verdoel het.
Die eerste spanne van Hoërskool Pacaltsdorp (ligblou) en Hoërskool George sal Saterdag in 'n skrum.
Dogtersrugby
Die dogtersrugby het net sulke aanskoulike rugby opgelewer waar George koning gekraai het, deur Pacaltsdorp met 48 - 0 te wen. ‘n Pluimpie kan aan die deurwinterde afrigter, Sharmark Pedro, gegee word wat hierdie span in ‘n geoliede masjien verander het.
Die dogters toon werklik karakter en speel rugby as ‘n eenheid en met baie kenmerkende styl, wat ‘n nuwe dimensie gee aan dogtersrugby in die SWD.
- By die o. 14-seuns is Fabain Buys aangewys as speler van die wedstryd.
- By die o. 15-seuns is Levan Fry aangewys as speler van die wedstryd.
- By die o. 16-seuns is Jonathan Abrahams aangewys as speler van die wedstryd.
- By die o. 19B-seuns is Zayden Petersen as speler van die wedstryd aangewys.
- By die o.19-dogters is Kelly-Ann Rousseau aangewys as speler van die wedstryd.
Uitslae van die bulstryde tussen die twee buurskole:
Rugbyuitslae:
- o. 14-seuns George Hoër wen 22 - 17;
- o. 15-seuns George Hoër wen 17 - 10;
- o. 16-seuns George Hoër gelykop 19 - 19;
- o. 19 B-seuns George Hoër wen 13 - 0;
- o. 19-dogters wen 48 - 0 en
- o. 19-seuns wen 43 - 0
Netbaluitslae:
Hoërskool George oorheers die netbal met slegs een verloor.
- o. 14-dogters wen 7 - 6;
- o. 15-dogters wen 23 - 2;
- o. 16-dogters wen 18 - 10;
- o. 19-dogters verloor 16 - 20
Ander uitslae:
- Hoërskool Pacaltsdorp wen die dominokompetisie.
- Hoërskool George wen die tafeltenniskompetisie.
- Hoërskool George domineer die basketbalkompetisie en stap as wenners van die veld.
- VCSV kompetisie word gewen deur Hoërskool George.
- Onderwyserskrieket word gewen deur Hoërskool Pacaltsdorp.
- Potjiekoskompetisie wat Vrydagaand gehou is, is deur Hoërskool George gewen, met bobaas potjiekos.
- In die danskompetisie het Hoërskool George hul staal gewys en met vlieënde vaandels gewen.
Die eerste spanne van Hoërskool Pacaltsdorp (ligblou) en Hoërskool George Saterdag in 'n skrum.
Pretloop
As ‘n nuutjie is ‘n 4 km-pretloop die oggend om 07:00 aangebied. Nagenoeg 40 atlete het deelgeneem. Hierdie herinneringswedloop was die 42ste jaar na die busongeluk, waar ‘n paar van die leerders van die skool gesterf het.
Wat merkwaardig was aan die pretloop was dat Leon Rothman, een van die oorlewendes van die busongeluk, ook deelgeneem het.
In die senior-afdeling het Selwyn Matthews van Nedbank-hardloopklub gewen in 12 min 36 sek, met Cailen Joubert in 31 min.
In die hoërskool-afdeling het Keano Qwili gewen 13 min 07 sek. In die seunsafdeling met Andrea Mangi wat met 18 min 41 sek weggestap met die louere.
In die laerskool-afdeling het Joze Jaftha gewen in 27 min 33 sek.
'n Trotse Rodney Cupido, skoolhoof van Hoërskool George, het na die geleentheid gesê: “In my eerste jaar as hoof is hierdie oorwinnings van Saterdag, ‘n pluimpie vir die leerders wat buitengewone karakter toon op sportgebied sowel as op kulturele gebied.”
Volgens hom moet daar ook lof toegeswaai word aan die afrigterskorps, onderwysers, leerders, ouers, beheerliggaam en alle rolspelers wat 100% ingesit het om van die FNB Classic ‘n reusesukses te maak. Hy het ook van die geleentheid gebruik maak om FNB te bedank vir hulle geldelike bydrae.
Die seëvierende o. 19A-span van Hoërskool George wat Hoërskool Pacaltsdorp op Saterdag 12 Augustus oorrompel het tydens die FNB Classic te Rosemoor-stadion.
Die paviljoen by die Rosemoor-stadion was Saterdag volgepak vir die rugby in die tradisionele kagmeting tussen die twee skoie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’