GEORGE NUUS - Die George-rugbyklub bied Saterdag 3 Maart 'n rugbydag op Outeniquapark in George aan.
Brackenfell, wat in die WP-unie se eersteliga speel, kom in die hoofwedstryd teen Evergreens te staan.
Mosselbaai, Ladismith en George gaan elkeen twee spanne in die veld stoot. Evergreens stuur vier spanne.
Daar sal verskeie kosstalletjies wees met heerlike eetgoed te koop.
Die klubhuis sal ook oop wees waar die naweek se Superrugby-wedstryde vertoon sal word.
Die program is soos volg:
B-VELD:
- 11:15: George 3 vs Ladismith 2
- 12:30: Mosselbaai 2 vs Evergreens 4
- 13:45: George 2 vs Evergreens 3
- 15:00: Brackenfell 2 vs Evergreens 2
A-VELD:
- 14:00: Mosselbaai 1 vs Brackenfell o.20A
- 15:30: George 1 vs Ladismith 1
- 17:00: Brackenfell 1 vs Evergreens 1
Hekke open reeds om 09:00 by die hoofingang van Outeniquapark.
Volwassenes betaal R20 per persoon en kinders 12 jaar en jonger kom gratis in.
George-rugbyklub nooi al sy oudbestuurslede, oudspelers asook alle toeskouers om die rugbydag by te woon.
Perez Julyan, president van George-rugbyklub, sê die klub wil dié rugbydag 'n jaarlikse instelling maak.
"Ons wil hê klubspanne uit ander provinsies moet teen SWD-klubs kom meeding."
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'