RUGBY NUUS - 'n Fikser, en meer vasberade Barbarians 15-tal se voorsprong van 10-9 tot net voor die eindfluit teen Bridgeton op Oudtshoorn, lyk bemoedigend vir die klub se oorblywende wedstryde.
Die tuisspan, wat Barbarians in die doodsnikke van die wedstryd met 14-10 geklop het, kon hulself gelukkig ag, want op die dag se spel was die besoekers die beter span.
Barbarians se agt-tal het met goeie skrumwerk en rolmaalbewegings Bridgeton onder groot druk geplaas, maar afronding het egter ontbreek.
Met Barbarians in die agtste plek op die punteleer, is 'n plek in die semi-finaal vir eers buite hul bereik. Na aanleiding van Saterdag se goeie vertoning kan hulle die kaarte egter deurmekaar krap vir 'n paar top spanne wat mik na 'n plek in die semi-finale.
Môre, Saterdag 16 Julie, pak Barbarians juis vir Evergreens wat vyfde op die punteleer is, op D'Almeida Park, Mosselbaai. Hierdie wedstryd beloof om hoogtepunte op te lewer tussen dié twee spanne.
Barbarians wat in die eerste rondte teen Evergreen vasgeval het, sal die bordjies wil verhang.
Ander uitslae:
- B-spanne: Babaas 16 Bridgeton 8;
- C-spanne: Babaas 16 Bridgeton 7.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'