KNYSNA NUUS - Die Hoër Landbouskool Oakdale op Riversdal is baie trots op die 25 seuns wat onlangs in die onderskeie SWD-rugbyspanne opgeneem is.
Hulle gaan tydens die Junievakansie aan die nasionale toernooie deelneem.
Twaalf spelers is in die o/18 SWD-Cravenweekspan, ses in die o/18-Akademieweekspan en sewe in die o/16 Grant Khomospan ingesluit.
Magnus Muller en Zack Stander is onderskeidelik in die Cravenweek- en Grant Khomospan opgeneem. Beide hierdie leerders is vanaf Knysna.
Zach Stander van Knysna, 'n leerling van Oakdale landbouskool in Riversdale, is gekies om tydens die Junievakansie vir SWD rugby te speel.
'Ons bring jou die nuutste Knysna, Tuinroete nuus'