SUID-KAAP NUUS - Vier-en-twintig mansspanne het vanaf 26 tot 28 Julie aan die jaarlikse Mosselbaai Classic-rolbaltoernooi deelgeneem. Hierdie toernooi is een van die vlagskepe op die kalender van Eden-rolbal.
Behalwe vir plaaslike spanne soos Hartenbos, Groot Brak, George, Vista, Outeniqua, Oudtshoorn, Ladismith en Leisure Isle, het spanne van sover as Sishen, Bloemfontein Oud-Studente, Dewetsdorp, Edgemead, Gordonsbaai, Goodwood, Edenburg, Ceres en Graaff-Reinet aan die toernooi deelgeneem.
Nege westryde is oor drie dae gespeel met die finale drie wedstryde op Saterdag. Die span van Jakes Jacobs (skipper), Marius Theart, Marco Jacobs en Jaco Jacobs van Edenburg het uiteindelik met die louere weggestap en is die wenners van die goue medalje. Die silwermedalje en tweede plek het gegaan aan die George-span bestaande uit prof Stadler (skipper), Marthinus Geldenhuys, Mike McCarthy en Paulo Vitali.
Die Outeniqua-span van John Dampier (skipper), Greg Young, Basil Steyn en Das Barnard was in die derde plek en het die bronsmedalje verower. Die vierde plek in die ope kompetisie is gewen deur die span van Hartenbos met Attie Nortje (skipper), Kobus Kriel, Geoff Stenekamp en Alhan van der Merwe.
Die plaatkompetisie is gewen deur die span van Bloemfontein Oud-Studente met Tewie Wessels (skipper), Willie Helm, Garth Nicolai en Johan Davis. Tweede plek het gegaan aan die span van Ashley Krauspe van Groot Brak en die derde posisie is verower deur Gerhard Kotze en sy span van Outeniqua.
Bedankings
Hardus Mynhardt (sameroeper van die toernooi) en sy komitee kan hulself beslis 'n klop op die skouer gee vir 'n uitstekende toernooi wat hulle aangebied het.
Mynhardt het tydens die prysuitdeling verskeie persone bedank vir hul hulp wat tot die sukses van die toernooi bygedrae het:
• Martie Schonken en al die vroue in die kombuis wat almal van heerlike etes voorsien het.
• Owen Calverley (president van die Mosselbaai-rolbalklub) en Willie Nel vir die verkryging van borge.
• Owen en Sharon vir die administrasie van die toernooi.
• Marianne Moore en Brenda Burger wat as skeidsregters opgetree het.
• Johan Schonken vir foto's en mediadekking.
• Arthur en Bill vir Vrydag se braai.
• Tish, Kate en Marlene wat Win & Spin en lootjies behartig het.
• Dave, Chris, Bennie, Piet, Wyndham en Doug wat almal by die kroeg gehelp het.
• Owen, Gert en Clayton vir die voorbereiding van die baan.
• Hoofborg Willie Tredoux van Blue Bay Blue Star asook alle kleiner borge vir hul ruimhartige ondersteuning.
"Ons sien uit na hul volgehoue onVier-en-twintig mansspanne het vanaf 26 tot 28 Julie aan die jaarlikse Mosselbaai Classic-rolbaltoernooi deelgeneem. Hierdie toernooi is een van die vlagskepe op die kalender van Eden-rolbal.
Behalwe vir plaaslike spanne soos Hartenbos, Groot Brak, George, Vista, Outeniqua, Oudtshoorn, Ladismith en Leisure Isle, het spanne van sover as Sishen, Bloemfontein Oud-Studente, Dewetsdorp, Edgemead, Gordonsbaai, Goodwood, Edenburg, Ceres en Graaff-Reinet aan die toernooi deelgeneem.
Die wenners van die goue medalje is van links: Marco Jacobs, Marius Theart, Jaco Jacobs, Jakes Jacobs (skipper), Owen Calverley (president) en Hardus Mynhardt (sameroeper).
Nege westryde is oor drie dae gespeel met die finale drie wedstryde op Saterdag. Die span van Jakes Jacobs (skipper), Marius Theart, Marco Jacobs en Jaco Jacobs van Edenburg het uiteindelik met die louere weggestap en is die wenners van die goue medalje. Die silwermedalje en tweede plek het gegaan aan die George-span bestaande uit prof Stadler (skipper), Marthinus Geldenhuys, Mike McCarthy en Paulo Vitali.
Die Outeniqua-span van John Dampier (skipper), Greg Young, Basil Steyn en Das Barnard was in die derde plek en het die bronsmedalje verower.
Die wenners van die plaatkompetisie is van links: Owen Calverley (president), John Davis, Tewie Wessels (skipper), Willie Helm, Garth Nicolai en Hardus Mynhardt (sameroeper).
Die vierde plek in die ope kompetisie is gewen deur die span van Hartenbos met Attie Nortje (skipper), Kobus Kriel, Geoff Stenekamp en Alhan van der Merwe.
Die plaatkompetisie is gewen deur die span van Bloemfontein Oud-Studente met Tewie Wessels (skipper), Willie Helm, Garth Nicolai en Johan Davis. Tweede plek het gegaan aan die span van Ashley Krauspe van Groot Brak en die derde posisie is verower deur Gerhard Kotze en sy span van Outeniqua.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'