SPORT NUUS - Suid-Afrikaanse spanne speel dié naweek in nege internasionale wedstryde wat almal regstreeks op televisie uitgesaai word.
Twee daarvan is losmakers vir die Wêreldbeker-kriekettoernooi in Engeland – teen Sri Lanka en die Windies.
Vir die Blitsbokke lê waarskynlik ses wedstryde in die sewesrugbyfees in Londen voor.
Daarby kom Suid-Afrika in Pole in die Wêreldbeker-sokkertoernooi vir o.20-spanne teen Argentinië te staan.
Drie SA spanne is in die Superrugbyreeks te sien en asof dit nie genoeg spanning en opwinding gaan meebring nie begin die Franse Ope-tennistoernooi Sondag, enkele ure voor die Grand Prix-motorwedren in Monaco.
'Ons bring jou die nuutste Tuinrote, Karoo, Hessequa nuus'