KNYSNA NUUS - Mooi aanvallen-de spel, gekombineer met vasberade verdediging, was kenmerkend van die o. 13A-netbalwedstryd tussen Laerskool Knysna en KEC Primêr wat Woensdag 29 Julie by Knysna Laer se bane gespeel is.
Ratse spelers aan albei kante het met goeie voorgevoel verskeie aanvallende bewegings in die wiele gery deur balle te onderskep en blitsige teenaanvalle te loods.
Dit het vir 'n vinnige, opwindende wedstryd gesorg wat die toeskouers enduit op die punte van hul stoele gehou het. KEC, 'n aansienlik kleiner skool as Laerskool Knysna, het hulle uitstekend van hul taak gekwyt en met groot vasberadenheid meegeding.
Hoewel Laerskool Knysna uiteindelik met 30 - 0 geseëvier het, kan KEC trots wees op 'n dapper vertoning.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’