Die kompetisie is oor 1x100 m, 4x200 m, en 6x300 m skietsessies aangebied. Die 300 m kompetisies is in gietende reën afgevuur.
Truter en die ander Suid-Kapenaar, Sieg Minnie, was ook lede van die WP-span wat die provinsiale span kompetisie gewen het. 'n Week vantevore het Minnie derde geëindig in die landwye Reserwe Magte Kompetisie.
Hierdie kompetisie het die verskil dat dit met die gewone gaatjie-visiere geskiet word en nie met teleskope nie. Hy staan ook 'n goeie kans om gekies te word vir die span wat na Bisley, Engeland, gaan reis aan die einde van Junie hierdie jaar.
Beide skuts het presteer desondanks ernstige medies probleme wat gedurende die jaar deur hulle ervaar is.
Die SA Combat Rifle Kampioenskappe vind gedurende die laaste week van April plaas en beide Truter en Minnie slyp nou daarvoor.
.jpg)
Weeber Truter