KNYSNA NUUS - Die 19-jarige down sindroom swemmer Minke Janse van Rensburg het Saterdag 8 Junie nóg ‘n wêreldrekord by die Eden Aquatics Kortbad Gala 1 in Knysna gebreek.
Minke het die 50 m vlinderslagrekord met ‘n tyd van 37,74 sekondes gebreek. Die vorige wêreldrekord van 38,95 sekondes deur die Australianer Tahee Afuhaamango het vir die laaste bykans 14 jaar, sedert Oktober 2010, gestaan.
Minke het boonop haar eie 50 m vryslagwêreldrekord tydens die kortbad-gala gebreek, en in die 100 m vlinderslag het sy die Afrika-rekord gebreek.
“Ons het beplan om die 50 m vlinderslagwêreldrekord te breek, want sy het by die SA Langbadkampioenskappe in Gqeberha die 50 m vlinderslagwêreldrekord gebreek. Ons het geweet dit is binne haar vermoë, maar met die kortbad is daar ‘n draai wat bykom waarvoor sy natuurlik moes oefen,” het haar pa, Hennie Janse van Rensburg gesê.
Lees meer by www.georgeherald.com
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’