KNYSNA NEWS - Devilliers Lamprecht (9), 'n graad 4-leerling van Laerskool Knysna, wys dat hierdie klein kusdorpie nie hoef terug te staan as dit by die kweek van sportsterre kom nie.
Hy het in 2018 die volgende prestasies behaal:
• Nommer een o.10-speler vir SWD tennis onder tien. Dit sluit in verskeie plaaslike tennisoorwinnings soos die eerste plekke in die Eden Mini-tennis o.10 en o.12.
• SWD-kleure vir tweekamp (hardloop en swem).
• Agtste plek o.10 by die SA junior tenniskampioenskappe in Bloemfontein in April.
• WP-kleure vir gimnastiek om vir die provinsie in Oktober in Pretoria aan die SA nasionale gimnastiekbyeenkoms deel te neem.
In 2018 het Devilliers die voorreg gehad om in die volgende prestasies met sy spanmaats te deel:
• As deel van die Laerskool Knysna-span die vierde plek ingepalm vir juniorspanne wat in Maart vanjaar aan die nasionale tweekampbyeenkoms in Pretoria deelgeneem het.
• SWD o.10-tennisspan wat oorwinnings behaal het oor OP, Noord-Kaap, Boland Drakenstein, Stellenbosch en Boland Platteland.
• Eden-laerskole 2de liga tenniswenners vir 2018.
Bo en behalwe sy prestasies in ander sportsoorte, het De Villiers Lamprecht hierdie jaar uiteblink in tennis. Foto: Verskaf
Artikel: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Knysna, Tuinroete nuus'