KNYSNA NEWS - Die duikafrigter Francois Boshoff van Knysna Aquatics het op Saterdagoggend, 9 Maart, 'n duikkursus by Holy Cross Primary School in George aangebied om die skoolswembad se splinternuwe duikblokke in te wy.
Die duikblokke is moontlik gemaak danksy bydraes van borge en harde werk deur ouers en swemmers van Garden Route Swimming School (GRSS).
Swemskole vanuit die hele Eden-distrik het van die geleentheid gebruik gemaak om hul swemmers se duikvermoë te verbeter.
Die eienaar van GRSS, Franna Vorster, is gaande oor die nuwe blokke wat deur honderde swemmers by Holy Cross se swembad gebruik sal word. Hy bedank hul hoofborge, RAW Steel, Plastics for Africa en Bearing Warehouse.
'n Swemmer van Garden Route Swimming School kry 'n 'high five' van die duikafrigter, Francois Boshoff.
Harry Leiar (6) van Knysna Aquatics maak gereed om die splinternuwe duikblokke te toets.
Kyla Schafer (13) van Knysna Aquatics sweef deur die lug.
Duikafrigter Francois Boshoff leer Danni Croft (8) van Knysna Aquatics 'n paar nuttige wenke. Foto's: Deidre Cloete
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’