TUINROETE KRIEKET-NUUS - Die Protea-krieketspeler Annelie Minny, wat tans help om Mosselbaai af te rig, het ingewillig om haar gewig by die Last Man Stands (LMS)-vroueliga in te gooi.
Die LMS-vroueliga wil graag 'n span na die wêreldkampioenskappe stuur en wil nou Minny se ervaring inspan om dié doel te bereik.
Die Last Man Stands-vroueliga is oop vir alle vroue van 16 jaar en ouer in die Suid-Kaap en hulle word uitgenooi om deel te word van die grootse sosiale kriekettoernooi ter wêreld.
Die nuwe seisoen vir mans en vroue begin op Sondag 27 Januarie by Hoërskool Heatherlands in George.
Twee spanne uit die Tuinroete het deurgedring na die Suid-Afrikaanse kampioenskappe wat van 21 tot 24 Maart in Johannesburg aangebied word.
Vir enige navrae of om as speler te registreer, bel Morné 064 504 1971 of Marilies 082 904 3743 of besoek www.lastmanstands.com.
Die Mavericks-krieketspan van Mosselbaai het verlede jaar die Last Man Stands se mansliga ingepalm. Die nuwe seisoen vir die mans en vrouens beginop 27 Januarie by Heatherlands High in George. Alle spelers is welkom.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'