TUINROETE ATLETIEKNUUS - Eden MPA-atleet, Johan Windt (meester 60+), wat Duitsland aan die tweekamp (biathle) en driekamp (triathle) wêreldkampioenskap deelgeneem het, het 'n sesde plek in tweekamp en sewende plek in driekamp behaal in die individuele afdelings.
Windt het ook 'n tweede plek (silwermedalje) in gemengde tweekampaflos en eerste plek (goue medalje) in die gemengde driekampaflos verower.
Tweekamp is 'n sport waar swem met hardloop gekombineer word, terwyl driekamp 'n kombinasie is van swem, hardloop en skiet met laser simulator na 'n teiken.
Laser Run is 'n sport waar daar met laser simulators na teiken geskiet word waarna verskillende afstande gehardloop word.
Eden MPA bied op Saterdag 2 Oktober 'n UIPM World City Tour in Laser Run aan by Van Riebeeck-stadion in Mosselbaai.
Registrasie begin om 12:00 en wedlope vanaf 14:00. Inskrywing is R100 per persoon. Daar is ook 'n wisseltrofee op die spel, vir die skool of onderneming wat die meeste inskrywings het. Dit gaan 'n lekker bekendstellingsdag van die sport wees en is oop vir enigiemand om deel te neem.
Kontak Bertus Myburgh by 082 2548 369 vir meer inligting.
In die gemengde driekampaflos het Windt 'n eerste plek (goue medalje) behaal.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'