PLETTENBERGBAAI NUUS - Jeremy Marallich is met ingang 1 Januarie aangestel as die nuwe hoof van Hoërskool Wittedrift. Hy was tot einde 2013 verbonde aan Hoërskool Dr. Malan in Meyerton, Gauteng.
Marallich neem die leisels oor by André Bouwer wat na 19 jaar as hoof uitgetree het.
“ Dit is vir my ‘n groot voorreg om ‘n goed gedissiplineerde en presterende skool oor te neem en ek sien daarna uit om die skool met die hulp van die ouers, leerlinge en gemeenskap tot nog hoër hoogtes te neem," sê Marallich. "Die kind is die heel belangrikste deel van die skool en is my hoogste prioriteit."
Hy is getroud met Judy, ‘n onderwyseres in lewenswetenskap en hulle is die ouers van twee kinders. Christo is ‘n derdejaar Ingenieurswese-student aan die Universitiet van Noord-Wes op Potchefstroom en Petro is ‘n Graad 11-leerling aan Hoërskool Wittedrift.
Die Marallich-gesin sien baie uit na die nuwe stap in hulle lewens en sê ‘n groot dankie aan almal wat hulle so welkom laat voel in Plettenbergbaai.
'Ons bring jou die nuutste Plettenbergbaai, Tuinroete nuus'