OUDTSHOORN NUUS - Masimthembe January (MJ), een van die verdagtes in die Preston Titus-moordsaak wat al 'n geruime tyd deur die polisie gesoek word, is gisteraand (Woensdag 11 April) in hegtenis geneem.
Omstandighede rondom sy arrestasie is nog nie bekend gemaak nie.
Daar word beweer dat hy die persoon is wat die beweerde huurmoordenaars, Justice Mooi, wat reeds borgtog geweier is, en Vusumsi, wat nog soek is, aan Magdaleen Titus voorgestel het.
Stafsersant Preston Titus is die nag van 1/2 Desember 2017 dood in sy woning in die weermagkamp op Oudtshoorn aangetref. Hy het verskeie steekwonde aan sy lyf gehad.
Lees meer op ons susterskoerant, Oudtshoorn Courant.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'