NASIONALE NUUS - Sewe vermeende renosterstropers is die afgelope naweek op Mthatha in die Oos-Kaap in hegtenis geneem.
Drie van die verdagtes word vermoedelik met die voorval by Botlierskop, ‘n privaat wildreservaat naby Klein-Brakrivier, verbind ná ‘n renosterkoei op 2 Mei in die reservaat gestroop is.
Polisiewoordvoerder, ao Majola Nkohli, sê die intelligensie-gedrewe operasie het oor twee dae gestrek. Daar is ook beslag gelê op huisbraakimplemente ter waarde van meer as R100 000.
Tydens die eerste voorval is vyf verdagtes in ‘n silwer Hyundai op Saterdag op die R61 roete in die rigting van Tarkastad, ongeveer 20km buite Komani, opgemerk.
Die polisie het die voertuig van die pad getrek en die verdagtes ondervra en deursoek. Beslag is gelê op huisbraakimplemente en 'n voorlopige ondersoek dui daarop dat een van die insittendes met die voorval by Botlierskop verbind word.
Lees meer op susterspublikasie, Mossel Bay Adveriser
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’