Una Lötter (64) is aanvanklik eers as vermis aangemeld en die polisie het vermoed dat ’n onbekende aantal aanvallers haar moontlik ontvoer het. Die aanvallers het haar man, Robert (68), buite by die swembad oorval en sy kop met klippe verbrysel.
Die plaas is al vir ’n jaar te koop omdat die egpaar wou trek na ’n nabygeleë ouetehuis.