Volgens sers. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, is sy deur die twee mans, wat klapmusse gedra het, verras toe sy by die huis aankom.
Sover vasgestel kon word, bly sy alleen op die plaas.
Hulle het haar by die huis ingedwing, haar hande met ’n kledingstuk agter haar rug vasgebind en ’n groot bedrag geld geëis.
Sy het nie soveel geld by haar gehad nie. Die rowers het die beskikbare geld en haar selfoon geneem.