Venter (70), ’n veeboer wat net buite Bronkhorstspruit op ’n plaas, Oudezwaanskraal, woon, het pas van Tanzanië teruggekeer waar sy ‘Afrika se dak’ gewys het wie baas van die plaas is.
Sy het tussen 28 Augustus en 6 September vanjaar saam met haar dogter, haar skoonseun en twee vriende na Tanzanië gereis om Kilimanjaro, wat een van die ‘Sewe Kruine’ is, die hoogste pieke in elke kontinent op aarde, aan te pak.
Kilimanjaro is die wêreld se hoogste ‘vrystaande’ berg en is een van die wêreld se grootste vulkane.