Sy was ‘n week op die groep toe ‘n man, ook van Middelburg, haar genader het om privaat te gesels.
“Hy was so sag en ordentlik met my. Alles waarna ek gesmag het. Hy het my weer mooi laat voel en baie komplimente uitgedeel. Ek het gevoel asof ek met hom oor enige iets kan praat.”
Hy het haar, terwyl sy en ‘n vriendin by ‘n swembad gekuier het, gevra vir ‘n foto. Sy het vir hom een van hulle twee in hul baaikostuums gestuur.
Daarna het die foto versoeke al hoe meer gewaagd geword. Omdat sy hom vertrou het, het sy toegegee en vir hom naakfoto’s van haarself gestuur. Hy het ook vir haar foto’s van sy privaatdele gestuur wat sy daagliks van haar foon afgevee het, omdat sy bang was dat haar man haar sou uitvang. Video’s het sy gehou.
Tydens hul verhouding het die man verskeie kere probeer om ‘n persoonlike ontmoeting te reël. Sy het elke maal weggeskram. Die man het ook gevra om geld by haar te leen.