Me. Kara de Pradines is omstreeks 21:00 by Mediclinic Nelspruit dood verklaar nadat sy net na 17:00 in die ongeluk was.
Dit het sowat ‘n kilometer vanaf haar huis op Alkmaar gebeur. Volgens mnr. Willem Swart van Van Wettens, was de Pradines soontoe oppad vanaf Mbombela. Haar voertuig het naby Montana Kwekery oor die middelman van die pad geswenk waarna sy beheer oor die voertuig verloor en dit gerol het.
De Pradines is uit die voertuig geslinger en het onder ‘n versperring aan die anderkant van die pad beland. Paramedici is na die toneel en ‘n ambulans van Netcare 911 het haar na die hospitaal gebring.