Die boek Raising Superheroes, wat in Augustus uitgereik word, bevat dieetraad en resepte vir swanger ma’s, babas en kinders geskoei op Die Kos Revolusie, wat ’n laekoolhidraat-, hoëvet-dieet aanbeveel as teenvoeter vir vetsug en tipe 2-diabetes.
“Raising Superheroes verduidelik hoekom kinders vet word en hoe om dit te voorkom,” sê Noakes.