BEAUFORT-WES NUUS - ‘n Boer van die Beaufort-Wes omgewing slaap sedert Maandagaand op die dak van sy padstal om voergeld vir boere in nood in te samel.
Johnny Theunissen het gister by die Scheurfontein padstal langs die N12 tussen Beaufort-Wes en Oudtshoorn gesê hy gaan elke aand op die dak slaap totdat hy R50 000 ingesamel het.
“Daar is omtrent nie ‘n boer in die omgewing wat genoeg voer vir sy skape het nie.
"Daar word baie voer uit die noorde geskenk, maar dit kos tussen R15 000 en R20 000 per vrag om die voer tot hier te kry.
"Ek is gelukkig om genoeg voer te hê, maar ek wil geld kry om voer vir boere wat plat op die grond is te kry.”
Volgens Theunissen is die huidige droogte die ergste wat hy in meer as twee dekades as ‘n boer beleef het.
Leees meer en kyk 'n video op ons susterskoerant, Oudtshoorn Courant.