Vittone en haar twee kinders, Jordan en Kylie, was saam met ’n paar van hulle vriende by Bounce in Fourways vir Jordan se verjaardag toe die ongeluk gebeur het.
“Amor het saam met die kinders op die wipmatte gespring en haar enkel tydens haar derde sprong gebreek,” sê Delyse Vittone, Amor se ma en woordvoerder kort na die fratsongeluk. “Sy het ook haar ligamente geskeur.”