Paul Colditz, hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), het ‘n beslissing deur die Hooggeregshof in Johannesburg oor die aangeleentheid verwelkom.
“Wat die regter besluit het is dat skole die reg het om te besluit wie op hulle waglys gaan. Daar is ook besluit dat die skole die reg het om hul eie taalbeleid op te stel, en dat die department die skole se besluite moet aanvaar.”