Vinnige optrede deur ander boere het bygedra tot die voorkeer van twee verdagte voertuie, ‘n minibus taxi en Toyota Corolla, op ‘n plaaspad, waar nog ‘n skietgeveg uitgebreek het.
Een rower is swaar gewond en die ander het in die veld in gevlug. Die gewonde aanvallers is per ambulans van die toneel verwyder.
Boere van heinde en verre het hulle na Laersdrift gehaas om te help soek na die verdagtes.
‘n Privaat helikopter het ondersteuning vanuit die lug gebied. ‘n Polisie helikopter het hom ‘n paar ure later by die soektog aangesluit.