Monique moes ook ‘n tyd gelede op aanklag van die handel in dwelms in die hof verskyn het, maar het nie by die hof opgedaag nie. Volgens inligting het sy gehandel met “liquid G”, ‘n gevaarlike “date rape” dwelm.
Die pa van die dogter, die privaatspeurder, lede van die Valke, Vaalweekblad se verslaggewer en Anneri du Plessis van Crossroads het Donderdag besoek afgelê by die huis in die noordelike deel van Vanderbijlpark.
Daar was drie vroue, Santa* (27), Nina* (30) en Christa* (41) by die huis. Hulle het eers ontken dat hulle vir Monique ken. Hulle het later beken dat Monique wel daar woon, maar dat sy Maandag (24 Oktober) hospitaal toe is om ‘n onbeplande swangerskap te stop. Dit was glo haar sewende swangerskap.
Die Nigeriërs het oomblikke na die polisie by die huis opgedaag en moes bontstaan met die vrae waarmee die polisie hulle gepeper het. Geen bewyse van enige dwelms is gevind nie.
Nina is ook swanger. Sy rook en gebruik steeds dwelms. Santa het ook erken sy gebruik daagliks tik wat haar sowat R100 per dag uit die sak jaag. Christa het bedwelm voorgekom, maar dit afgemaak as moegheid nadat sy en haar “kliënt” die oggend tot 04:00 by die Emerald Resort & Casino gekuier het.