NASIONALE NUUS - Die regisseur en draaiboekskrywer van die bekroonde Afrikaanse film Vaselinetjie is in die sewende hemel.
Corné van Rooyen het Maandagoggend 'n oproep ontvang met 'n uitnodiging om die film by die Sedona Internasionale Filmfees in Arizona te vertoon.
Die fees van agt dae vind jaarliks plaas en lok duisende inskrywings wêreldwyd.
Speelprente, dokumentêre rolprente, kortflieks, animasie en studente produksies kry 'n geleentheid om op uitnodiging hul werk te vertoon en moontlik 'n kategorie te wen.
Die film Vaselinetjie is gebaseer op Anoeschka von Meck se jeugroman, en is verlede jaar as die 'Beste Film' by die kykNET Silwerskermfees aangewys.
Von Meck was voorheen 'n joernalis van die George Herald en Knysna-Plett Herald (2010 - 2014).
Van Rooyen en sy vrou, René, is beide draaiboekskrywers en medevervaardigers, in samewerking met Film Factory, wat die vervaardiging behartig het.
Lees meer op ons susterskoerant, George Herald.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein Karoo, Hessequa nuus'