GEORGE NUUS - 'n Tandars van George, dr. Ian Venter, is vandag in die George-streekhof skuldig bevind op 'n aanklag van seksuele aanranding van 'n minderjarige.
Venter was daarvan aangekla dat hy op die aand van 11 April 2015 'n seun, toe 13 jaar oud, wat by sy huis oorgeslaap het, seksueel betas het.
Hy verskyn op 6 Junie vir vonnisoplegging.
Inligting verskaf deur ons susterskoerant, George Herald.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'