Neline is nie swanger nie. Toetse wat op haar gedoen is, het ook getoon dat daar geen sprake van ‘n aborsie is nie. Dit is nou ten spyte van ‘n skoolmaat wat vertel dat sy sommer al twee aborsies gehad het.
Petra sê dat sy nie omgee wat die mense sê nie. As daar een ding is wat die Van Zyl gesin met Neline se verdwyning en terugvind geleer het, is dit om hulle nie aan die klein dingetjies te steur nie.