OUDTSHOORN NUUS - 'n Moord Sondagoggend, 29 September, waartydens een broer 'n ander doodgesteek het, het skokgolwe deur die gemeenskap van Dassieweg, Bridgton gestuur.
"Die Oudtshoorn-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) ondersoek 'n moord waarby twee broers Sondag 29 September omstreeks 10:40 by Dassieweg, in Bridgton betrokke was. Pieter Mawona (54) is op die toneel dood. Sy broer, Moos Mawona (50) is in verband met die moord in hegtenis geneem," het sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, bevestig.
'n Groot skare nuuskieriges het Sondagoggend in Dassieweg by die toneel waar die moord plaasgevind het, saam gedrom.
Lees meer by www.oudtshoorncourant.com
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’